Home
Welcome to GeKBeK!
05/05/24Ons bied Grap "STORIES" op GekBek aan.Story-time

1STORIES
Kallie het met Mike 90months ago

gepraat omdat hy dikwels
so dikvellig is. Mike het beloof om te verbeter. Nie
lank daarna nie kry Mike dit gereël om by 'n
meisie te gaan kuier. 'n Uur later is hy weer terug
by Kallie. 'Hoekom is jy so vroeg terug?' wil Kallie
weet, 'Was jy weer dikvellig en toe jaag sy jou
weg?' 'Nee,' antwoord Mike, 'Ek was juis sensitief.
Ons het net 'n rukkie gesit, toe begin sy van die
ligte afskakel. Toe weet ek dis nou tyd vir my om
te loop.'

Piekniek is vir kinders ...en miere 90months ago

Die vliegtuig het pas opgestyg. Een manlike
passasier sit en byt sy vingernaels en vee heeltyd
sweet van sy voorkop af. 'n Lugwaardin sien hom
raak en sê: 'Meneer, kan ek vir u iets van die
kroeg af kry om u te kalmeer?' Die man knik
instemmend terwyl hy vreeslik bewe. Sy kom met
'n drankie en hy sluk dit haastig af. Tien minute
later sien die lugwaardin dieselfde man erg bewe
en sy naels byt. Sy bring hom nog 'n drankie wat
hy ook haastig afsluk. 'n Halfuur
later merk sy op dat die man nog erger bewe en
ook saggies huil. 'Ag siestog, Meneer,' sê die
lugwaardin, ek het nog nooit iemand gesien wat
so bang is om te vlieg nie!' 'Ek is nie bang om te
vlieg nie', snik die man, 'ek probeer ophou drink!

WAARHEDE, NAARHEDE ..... 90months ago

'n Man neem sy vrolike en lewenslustige
steekhaarbrak na die veearts en sê: ''Daar’s skort
iets ernstigs met my jollie Lollie se spysvertering.
Hy doen sy besigheid oral -- op ons vloere, matte,
stoep, patio, grasperk, oprit, noem maar op. Dink
u u kan iets vir hom doen?"
''Wel,'' sê die veearts, ''laat ons ’n bietjie kyk.'' En
met dié tel hy die hond op sy tafel en druk hard
op die dier se pens. Vreeslike knorre en gromme
is skielik hoorbaar in ou jollie Lollie se ingewande.
''Ek is bevrees ek sal hom moet uitsit,'' sê die
veearts, skynbaar meedoënloos.
''Net omdat hy ’n los maag het?'' vra die geskokte
honde-eienaar.
''By die deur uitsit,'' sê die veearts. ''Jou jollie Lollie
bollie op my tafel!''

Die lollery met Lollie 90months ago

'n Man neem sy vrolike en lewenslustige
steekhaarbrak na die veearts en sê: ''Daar’s skort
iets ernstigs met my jollie Lollie se spysvertering.
Hy doen sy besigheid oral -- op ons vloere, matte,
stoep, patio, grasperk, oprit, noem maar op. Dink
u u kan iets vir hom doen?"
''Wel,'' sê die veearts, ''laat ons ’n bietjie kyk.'' En
met dié tel hy die hond op sy tafel en druk hard
op die dier se pens. Vreeslike knorre en gromme
is skielik hoorbaar in ou jollie Lollie se ingewande.
''Ek is bevrees ek sal hom moet uitsit,'' sê die
veearts, skynbaar meedoënloos.
''Net omdat hy ’n los maag het?'' vra die geskokte
honde-eienaar.
''By die deur uitsit,'' sê die veearts. ''Jou jollie Lollie
bollie op my tafel!''

Kaal swem in die plaasdam 90months ago

Oom Koos besit sy plasie nou al vir donkiejare en
hy self is ook nie meer vandag se kind nie, maar
darem nie so oud dat hy al ‘koud’ is nie.
Agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders
die plaasdam in ‘n swemplek omskep en ook
lekker ingerig vir saam kuier. Daar is ’n piekniek
tafel, braaigeriewe en lekker vrugtebome. Een
aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy
eensaamheid, om bietjie daar by die dam te gaan
sit en al die goeie tyde te onthou. Hy neem toe
ook ‘n emmer saam om ‘n paar van die vrugte
terug te neem huis toe. Soos wat hy aangestap
kom, hoor hy vroulike stemme vrolik gesels en
giggel. Hy val plat agter ‘n bloekom boom en loer
deur die takke om te sien wat aangaan. Tot skok
van sy swak hart sien hy ‘n groep kaal meisies
wat in die dam swem.
Hy staan toe maar op en stap nader om die
meisies te groet en te laat weet hulle betree
eintlik ‘n ander man se private eiendom. Toe hulle
hom sien, sak hulle almal laag af in die water
sodat dit kompleet lyk asof daar net ’n klomp
vroumens koppe op die water dryf, natuurlik
sodat die water die nodige bedek.
Een van die meisies skreeu benoud op die oom:
‘Ons klim nie uit voor oom nie loop nie!’
‘Nee, nee, bedaar niggie’ antwoord hy rustig ‘ek
is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle
kaal swem of om julle te dwing om uit te klim nie’
Hy hou die emmer omhoog en sê: ‘Ek’s net gou
hier om die krokodil kos te gee…’

«1234»
Follow @#GekBek Feedback
© GekBek Web Copyright © 2016. All Logos &
Trademark BY: "CDW"


Duck hunt