Home
Welcome to GeKBeK!
18/05/24Ons bied Grap "STORIES" op GekBek aan.Story-time

1STORIES

Die Suid-Afrikaner en die sleehond

’N SUID-AFRIKAANSE toeris in Groenland wil graag
die yswoestyn oorsteek met ’n slee wat deur ’n
sterk sleehond getrek word. Hy huur dus ’n hond
met ’n slee en die nodige toerusting, maar hy
weet nie so reg hoe om die dier aan die loop te
kry nie.
''Dis heel eenvoudig,'' sê die Eskimo wat alles aan
hom verhuur het, ''praat net Eskimo-taal met die
hond, meneer. As jy Sjoe' sê, sal die hond begin<br /> loop en as jySjoe-Ai Me 'Nsig Da Rem'' sê, sal hy
hardloop dat hy bars.''
''En as ek wil hê hy moet stop?'' vra die Suid-
Afrikaner.
''Dan sê jy bloot A Me ’N,'' antwoord die Eskimo.
Die hond staan ingespan voor die slee en wag, en
die Suid-Afrikaner klim op die slee. ''Sjoe,'' sê hy,
en die hond begin loop. ’n Entjie verder die
yswoestyn in sê die man: ''Sjoe-Ai Me 'Nsig Da
Rem'', en die hond laat waai oor die ys.
Skielik sien die man egter ’n reusagtige afgrond
voor hom opdoem. En paniek pak hom beet. Hy
het vergeet wat hy moet sê om die hond te laat
stilstaan. Hy weet dat hy hom saam met die
sleehond te pletter gaan val, en hy het nog net
tyd vir ’n skietgebedjie. Aan die einde daarvan sê
hy: ''Amen'' -- en wonder bo wonder, die sleehond
gaan staan botstil. Vlak voor die rand van afgrond
steek die dier in sy vier spore vas.
En die verligte Suid-Afrikaner vee die sweet van
sy voorkop af en sê:''Sjoe! Ai, mensig, darem!''

Back to posts
This post has no comments - be the first one!

UNDER MAINTENANCE
Follow @#GekBek Feedback
© GekBek Web Copyright © 2016. All Logos &
Trademark BY: "CDW"


XtGem Forum catalog