Polaroid
Home
Welcome to GeKBeK!
18/05/24Ons bied Grap "STORIES" op GekBek aan.Story-time

1STORIES

Kaal swem in die plaasdam

Oom Koos besit sy plasie nou al vir donkiejare en
hy self is ook nie meer vandag se kind nie, maar
darem nie so oud dat hy al ‘koud’ is nie.
Agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders
die plaasdam in ‘n swemplek omskep en ook
lekker ingerig vir saam kuier. Daar is ’n piekniek
tafel, braaigeriewe en lekker vrugtebome. Een
aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy
eensaamheid, om bietjie daar by die dam te gaan
sit en al die goeie tyde te onthou. Hy neem toe
ook ‘n emmer saam om ‘n paar van die vrugte
terug te neem huis toe. Soos wat hy aangestap
kom, hoor hy vroulike stemme vrolik gesels en
giggel. Hy val plat agter ‘n bloekom boom en loer
deur die takke om te sien wat aangaan. Tot skok
van sy swak hart sien hy ‘n groep kaal meisies
wat in die dam swem.
Hy staan toe maar op en stap nader om die
meisies te groet en te laat weet hulle betree
eintlik ‘n ander man se private eiendom. Toe hulle
hom sien, sak hulle almal laag af in die water
sodat dit kompleet lyk asof daar net ’n klomp
vroumens koppe op die water dryf, natuurlik
sodat die water die nodige bedek.
Een van die meisies skreeu benoud op die oom:
‘Ons klim nie uit voor oom nie loop nie!’
‘Nee, nee, bedaar niggie’ antwoord hy rustig ‘ek
is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle
kaal swem of om julle te dwing om uit te klim nie’
Hy hou die emmer omhoog en sê: ‘Ek’s net gou
hier om die krokodil kos te gee…’

Back to posts
This post has no comments - be the first one!

UNDER MAINTENANCE
Follow @#GekBek Feedback
© GekBek Web Copyright © 2016. All Logos &
Trademark BY: "CDW"